Oud-skoolhoof van Zeerust vermoor

Solly Botha

Sollie Botha

Sollie Botha (71) ʼn oud-skoolhoof van Laerskool Zeerust in Noordwes is Sondagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn huisrooftog doodgeskiet.

Sersant Kelebogile Moiloa, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Botha en sy vrou is Sondagoggend omstreeks 01:00 deur vier mans in hul huis oorval. “Die verdagtes het glo toegang tot die huis deur die motorhuis bekom,” het Moiloa gesê.

Botha het in ʼn stoorkamer op die mans afgekom en hulle het hom in sy kop geskiet. “Bure of lede van die gemeenskap het die skoot gehoor en gaan ondersoek instel. Sy vrou, Elsa, is vasgemaak op haar bed aangetref. Die vier mans het ook gevlug.”

Volgens Moiloa ondersoek die polisie ʼn saak van huisbraak en moord.

Lees ook:
Twee aanvalle in twee dae in Zeerust

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Miss Knysna ·

Deepest sympathy to the Botha family. What is there left to say about the goings on in this country? I fear for us whitey’s, these monsters wont stop until they have wiped us all out or driven us out of our country. There is a clear pattern here, if you are over 60 you are a target. And they are always more than 2, absolute cowards.

Trippie ·

Ek wag dat daar ‘n beloning uitgeloof word soos in ‘n paar onlangse gevalle waar die slagoffers swart was … maar dit sal nie gebeur nie !

So word ons Blankes soos vlieë afgemaai … en ek wonder hoeveel van ons mense besef, of neem kennis van die aantal bejaardes wat reeds vermoor is !

Isabellé Roussseau ·

Dis absoluut afgryslik!! My hart gaan uit na die Botha-gesin! Net nog iemand wat deel vd statistiek word. Waar gaan dit eindig? Ek wens die doodstraf wil terugkom!!

vuurvreter ·

Skerp Trippie, kom ek wed jou hulle sal nie gevang word nie. Terloops Trip ek ry n Hyundai 120i en ek belowe jou dis een van die beste karre wat ek gery het en glo my ek het baie gery en deur my alie getrek.

Seg Net ·

Vuurman ek was onder die indruk jy is die trotse eienaar van ‘n brandweerwa.

Seg Net ·

Hel so kan dit nie aangaan nie. Mense moet besef dat die staat nie in staat is om ons te beskerm nie. Ons moet dit maar self doen. Een enkele ding wat nie so duur is nie is om net ‘n alarm te installeer wat afgaan voordat iemand by jou huis uitkom. Dit skrik verseker voormalige misdadigers af.
Dan is daar nog mens wat instansies kritiseer indien hulle ‘n petisie opstel om moord aan die VN te rapporteer. Solank die anc in bewind is sal die Blankes ‘n opdraand stryd teen misdaad teenoor hulle voer. Seg weer ons moet na onsself kyk.

Seg Net ·

Nee wat Vuurman daardie trein is aan die weghardloop en word nie sommer gevang nie. Die Blanke belasting betaler stook hom.

akram ·

Dis tragies. Ek was n leerling toe hy van Piet Retief na Zeerust gekom het. Baie aangename hoof en het regtig belang gestel in alles, was daar met rugby afrigting, sport byeenkomste. Skool toere. Sy seun is n jaar ouer ek. Simpatie en sterkte vir die famile. Hoop die skuldiges word wel vasgetrek.

Amy ·

My innige simpatie aan al die familie en vriende van mnr Botha. Dis al wat ek kan sê. Ek dink ook veral aan mev Botha, wat haar eggonoot so tragies verloor het.

Elize van der Merwe ·

Oom Sol is ‘n legende in ons dorp. Hierdie moord en aanval op hom en sy vrou Elsa is siek. Hy was ‘n hoof wat kinders op hul name geken het en tot nou toe nog by sport-afrigting betrokke was. Hy het altyd tyd gemaak om met enige kind te praat. ‘n Groot sportman en vriend van almal!! Hy was vir ‘n hele aantal jare nadat hy pakket geneem het by swart onderwys betrokke. Ons sal jou mis!

mickey ·

ai tog toe is my komentaar verwyder verwag maroela media ons moet oor blommetjies en bytjies praat as ons moet toekyk hoe ons mense uitgemoor word word wakker die land is aan die brand en om te verwoord wat n mens voel maak jou nie die ongewilde oom of tannie op die web nie dit is inteendeel n gemoedsrus om te weet n mens staan nie alleen teen die vyand nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.