Oud-spioen-sluipmoord: Owerhede ontken arrestasies

Patrick Karegeya

Patrick Karegeya

Owerhede in Mosambiek het berigte ontken dat drie mans van Rwanda daar in hegtenis geneem is vir die onlangse moord op die voormalige spioenhoof van Rwanda, Patrick Karegeya, het The Star Donderdag berig.

Pedro Cossa, Mosambiek se nasionale polisiewoordvoerder, het gesê hy dra nie kennis van lt.kol. Francis Gakwere se inhegtenisname nie. Alberto Nkutumula, die land se minister van justisie, het ook aan die koerant gesê hy is nie bewus van die inhegtenisnemings nie.

The New Age het Woensdag berig twee mans is saam met Gakwere in Maputo aangekeer in verband met Karegeya se sluipmoord.

Karegeya (53) het vir verskeie jare in ballingskap in Suid-Afrika gewoon. Sy liggaam is verlede Woensdag omstreeks 17:30 in sy luukse hotelkamer in die Michelangelo Towers in Sandton, Johannesburg, aangetref.

“Lt.kol. Francis Gakwere van Rwanda is een van die drie mans wat in Maputo, Mosambiek, in verband met die moord in hegtenis geneem is,” het Chad Thomas, ʼn privaatspeurder, aan The New Age gesê. “Gakwere was ook een van die hoofverdagtes in die mislukte sluipmoordaanval op genl. Kayumba Nyamwasa in 2010, maar daar was toe nie genoegsame bewyse om hom te vervolg nie.” Die koerant het verder berig drie verdagtes is nog soek in verband met Karegeya se moord.

– SAPA

Lees ook:
Drie vas vir sluipmoord op oud-spioen
Polisie soek steeds na oud-spioen se moordenaar
Oud-spioen van Rwanda in JHB vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.