Oud-Springbok in veldbrand beseer

Die voormalige Springbokrugbyspeler, Johan de Bruyn, is gister in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem na hy ernstige beseer is in ʼn veldbrand.

OFM berig dat De Bruyn (64) gehelp het om veldbrande naby Koopmansfontein in die Noord-Kaap te blus. De Bruyn se vrou, Nettie, sê haar man is deur die vlamme verswelg nadat hy glo geval het. Hy sterk tans aan in die hoësorgeenheid in Mediclinic Bloemfontein. Volgens die berig woed daar sedert Vrydag talle veldbrande in die gebied en is verskeie plase reeds afgebrand. ‘n Inwoner van die area het vanoggend aan die radiostasie gesê dat die veldbrande steeds woed. Lees meer hier.

De Bruyn het in 1974 in die derde toets teen die Britse Leeus gespeel en het later dieselfde jaar ook saam met die Springbokke na Frankryk getoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.