Een van Suid-Afrika se oudste voormalige Springbokspelers is vanoggend oorlede.
OFM berig Willem Barnard, wat in Augustus 89 jaar oud sou word, is vanoggend drie-uur in ‘n ouetehuis op Upington in die Noord-Kaap aan orgaanversaking oorlede. Sy seun, George, het gesê sy pa het van 1949 tot 1952 vir die Springbok-rugbyspan slot gespeel, en was naas Piet Malan die tweede oudste lewende voormalige Springbokspeler in die land. Hy het gesê sy pa se boerdery het hom baie na aan die hart gelê. Barnard laat sy vrou en vyf kinders agter. ‘n Roudiens word Maandagmiddag 15:00 in die NG Kerk Upington-Noord gehou.