Oud-student bedank Puk vir “balans”

Izelle Mostert tydens die gradeplegtigheid Donderdagaand by die Puk

Izelle Mostert tydens die gradeplegtigheid Donderdagaand by die Puk

Izelle Mostert het Donderdagaand tydens die gradeplegtigheid by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom met ʼn plakkaat haar ondersteuning aan die studente se #DankiePuk-veldtog gewys.

Studente by die Puk het spontaan met ʼn #DankiePuk-veldtog begin na negatiewe beriggewing deur Beeld oor studenteaktiwiteit by dié kampus. Meer as 2 186 studente het reeds dié veldtog se petisieblad ondersteun. Klik hier om meer te lees.

“Die ding waaroor ek die dankbaarste is, is die balans by die Puk,” het Mostert Vrydag aan Maroela Media gesê. “Die fokus is nie net op die akademie nie, maar om ook as mens te groei. Ek kan myself byna nie vergelyk met die persoon wat ek was toe ek begin studeer het nie.” Sy het onder andere gemeenskapsdiens uitgesonder as een van die groot redes waarom die studente ʼn gebalanseerde opvoeding ontvang. “Dit is nie net akademie nie, dit is ook sosiaal.”

Mostert, wat in Johannesburg grootgeword het, was die primaria van Wag-ʼn-bietjie-dameskoshuis en het eers haar B.Sc.-graad binne drie jaar voltooi voordat sy kommunikasie studeer en toe haar honneursgraad in kommunikasie behaal het.

Sy werk tans by ʼn produksiemaatskappy in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.

Lees ook:
Duisende steun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Puk-studente begin eie veldtog
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.