McIntosh Polela, die voormalige woordvoerder van die Valke wat van 13 aanklagte van onwettige jag aangekla word, oorweeg dit om skuldig te pleit.
Polela het Vrydag in die Pietermaritzburgse streekshof verskyn en sy voorneme bekend gemaak. Staatsaanklaer Waldo Smit het egter landdros Corrie Greyling versoek om die saak tot 12 Desember uit te stel. Die versoek is toegestaan.
Polela se aanklagte hou verband met twee afsonderlike voorvalle wat in Februarie by Himeville en April naby Ladysmith plaasgevind het.
Van die aanklagte wat hy in die gesig staar is jag buite seisoen, die gebruik van kunsmatige lig tydens ʼn jag, jag vanuit ‘n motorvoertuig en jag op ‘n openbare pad.
– SAPA
Lees ook:
Voormalige Valk in sop oor onwettige jag
Hy gaan skuldig pleit sant hy weet hy gaan net oor die vingers getik word en se hy moet dit nie weer doen nie. Hulle kan doen net wat hulle wil en niks gebeur nie.
Ehhh Leon – hieronder is die antwoord wat hy gaan kry …
Kufanya hivyo tena, lakini kuhakikisha kwamba sisi pia kupata kitu!
Moes van die begin af ERKEN het … !
Ek het ‘n ruk gelede ‘n artikel van die man gelees wat my nogal beindruk het. Ek kon nie glo dis dieselfde persoon nie.
Hy het hom voorgedoen wat hy nie is nie.
Langplaas. Het in my jonger dae baie, en ek bedoel baie, wild daar geskiet. Het dit op ‘n ander forum al vertel.
Koos en sy maat het ook op langplaas, [langs die pad] gaan skiet en die nag in die motorhuis ingetrek en die wild opgehang. Hulle het net in die voorhuis gekom toe is daar ‘n klop aan die deur. Koos maak die deur oop en hier staan die polisie. Tronk toe dink hy. Is u Koos vd Merwe vra die konstabel ja seg Koos. Jammer Mnr., en hier dink Koos, daar kom dit nou, maar u broer is sopas in ‘n motorongeluk oorlede. Koos sug ‘n sug van verligting en seg dankie tog.
Nog n opkomende Gholfspeler.