Oudskoolhoof in hof oor kinderporno

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy by ʼn kinderpornografie-netwerk betrokke was, het Vrydag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Die saak is na die Nelspruit-streekshof oorgeplaas en sal op 18 Maart hervat. Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word voor hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie, se borg van R1 000 is verleng. Hy is op 18 Augustus saam met vyf ander mans uit verskillende provinsies regoor Suid-Afrika in hegtenis geneem. Die ses mans was glo deel van ʼn internasionale kinderpornografie-netwerk van honderde mense, insluitend professionele mense van Kanada, Engeland en Amerika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.