Oudste aardbol met Nuwe Wêreld glo ‘n volstruiseier

Die aardbol-eier saam met jonger volstruiseiers. Foto: Washington Map Society

‘n Ou volstruiseier is gebruik om die oudste aardbol van te maak wat die Nuwe Wêreld aandui, kort na Columbus se reis weswaarts na die “ooste.”

Die Belg, Stefan Missinne, voer nie net aan dat hierdie die oudste aardbol met die Amerikas op is nie, maar dat die koper-aardbol wat voorheen as die oudste beskou is gemaak is deur ‘n afdruk van die volstruiseier as gietstuk te gebruik. Dit is na raming 509 jaar gelede gemaak.

Die kaart op die volstruiseier is gegraveer. Dit bestaan uit twee helftes van volstruiseiers wat aanmekaar glas is om ‘n ronde effek te kry.

Die ouderdom van die volstruiseier is bepaal deur die doppe van ander volstruiseiers van verskillende ouderdomme te vergelyk. Hoe ouer volstruiseierdoppe is, hoe meer verloor dit van sy kalsium. Die aardbol het reeds 50% van sy kalsium verloor.

Hoewel Missinne sy bevindings in die vakjoernaal vir karteerders, The Portolan gepubliseer het, is nie almal ewe ingenome met sy bevindings nie. ‘n Aantal belangstellendes het, soos hulle meen, ooreenkomste gevind met voorstellings wat Leonardo da Vinci lank gelede gemaak het.  Kenners meen egter dis ‘n lawwe afleiding. ‘n Aantal kenners is egter om ‘n ander rede skepties. Volens hulle beteken die ouderdom van die volstruiseiers nie dat die kaart nie eers heelwat later aangebring kon word nie.  Meer inligting kan hier en hier gelees word.

Foto: Die aardbol-eier saam met jonger volstruiseiers.   Washington Map Society

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.