Oudste huis in Nederland

Rooiligdistrik in Amsterdam

‘n Huis wat 527 jaar oud is, en moontlik die oudste in Amsterdam is, is in dié stad se berugte rooiligdistrik opgespoor.

“Ons het moontlik Amsterdam se oudste huis opgespoor, wat in 1485 gebou is,” het Boudewijn Oranje, ‘n woordvoerder van die stad gesê. Die historiese houthuis is in Old Side-distrik geleë, berig Yahoo. “’n Brand het twee jaar gelede in die gebou, wat nou as ‘n kroeg ingerig is, uitgebreek en erge skade aangerig,” het Oranje gesê. “Een van die inspekteurs van die raad het na die tyd opgemerk dat daar iets spesiaal aan die houtstruktuur is, aangesien dit skaars skade opgedoen het. Gedeeltes daarvan is vir toetse in Duitsland gestuur,” het hy gesê. Die toetse het bevestig dat die huis uit die 15de eeu dateer. Tot nou toe is daar geglo dat ‘n huis, wat sowat 1 kilometer daarvandaan geleë is, die oudste was. Dié huis is glo in 1530 gebou.

Die rooiligdistrik in Nederland bestaan reeds sedert die 1400s toe prostitute met matrose en toeriste handel gedryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.