Oudste Menseslagting-slagoffer sterf

Alice Herz-Sommer Foto: totpi.com

Alice Herz-Sommer Foto: totpi.com

‘n Lokprent van die dokumentêr volg onderaan die berig. Die wêreld se oudste Joodse Menseslagting-slagoffer, op wie se lewe ook ʼn Oscar-genomineerde dokumentêr gebaseer is, is in die ouderdom van 110 in Londen oorlede.

Alice Herz-Sommer, oorspronklik van Praag, het twee jaar van die Tweede Wêreldoorlog in die Terezin-konsentrasiekamp in Tsjeggo-Slowakye spandeer. Sy het ander gevangenes met haar klavierspel vermaak.

Haar kleinseun, Ariel Sommer, het gesê Alice het Sondagoggend vreedsaam by haar familie heengegaan. “Daar is baie wat al oor haar geskryf is, maar vir ons, wat haar die beste geken het, was sy ons dierbare Gigi,” het Ariel gesê. “Sy was vir ons lief, het saam met ons gelag, en musiek saam met ons waardeer. Sy was ʼn inspirasie en die wêreld is armer sonder haar hier by ons. Ons betreur haar afsterwe.”

Alice was vriende met die skrywer Franz Kafka en ʼn Oscar-genomineerde dokumentêr genaamd The Lady in Number 6: Music Saved My Life is op haar lewe gebaseer. Dié 38 minuut lange rolprent, waarin sy haar lewensverhaal deel, beskryf die noodsaaklikheid van musiek en om gereeld te lag om sodoende ʼn gelukkige lewe te verseker. Die rolprent is genomineer in die kategorie Beste Kort Dokumentêr. Die Oscar-toekennings word Sondag uitgeloof.

Ongeveer 140 000 Jode was in die Terezin-kamp en 33 430 het in dié kamp gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.