Oudste vrou in Europa sterf

Marie-Therese Bardet (114)

Die oudste vrou in Europa, Marie-Therese Bardet, is Vrydag net ná haar 114de verjaardag oorlede.

Bardet het in ʼn aftreeoord in die dorpie Pontchateau in Frankryk gewoon. Volgens die Gerontology-navorsingsgroep in Amerika, wat geboortesertifikate van persone ouer as 110 jaar versamel, was sy die sesde oudste persoon in die wêreld. Bardet het op 2 Junie haar 114de verjaardag gevier.

Bardet het glo twee kinders, sewe kleinkinders, 15 agterkleinkinders en 6 agter-agterkleinkinders gehad.

Die oudste persoon is die Amerikaner Besse Cooper, wat op 115-jarige ouderdom net ouer is as die Italiaanse Amerikaner Dini Manfredini en die Japanees Jiroemon Kimura, wat beide ook 115 jaar oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.