Oudste vrou klim Everest vir die tweede keer uit

Tamae Watanabe

ʼn 73-jarige Japanese vrou het Saterdag haar eie rekord verbreek deur Mount Everest uit te klim.

Tamae Watanabe, wat 10 jaar gelede Mount Everest uitgeklim het, het vroeg in April saam met vier spanlede die hoogste piek uitgeklim. Die Japanese bergklimmer en fotograaf Noriyuki Muraguchi was een van die spanlede.

“Sy het vanoggend omstreeks 07:00 die hoogtepuntbereik. Sy het van die noorde kant af uitgeklim,” het Ang Tshering Sherpa van die Asiatiese Bergklim-agentskap gesê. Die klim na die piek toe is twee keer weens slegte weer uitgestel. Luidens berigte was sy in ʼn “goeie toestand” toe hulle die piek bereik het.

Watanabe het op 16 Mei 2002 reeds die 8 848 m-piek uitgeklim en die titel van die oudste vrou om Everest ooit uit te klim by Pole se Anna Czerwinska oorgeneem.

Min Bahadur Sherchan van Nepal is steeds die oudste man om Everest uit te klim. Hy het in 2008 op 76 jarige ouderdom die hoogtepunt bereik.

Sowat 3 000 mense het reeds Everest uitgeklim sedert Edmund Hillary en Tenzing Norgay dit die eerste keer in 1953 reggekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.