
Argieffoto van DA-ondersteuner
Die “oorname” van die Demokratiese Alliansie (DA) van die ANC-beheerde Oudtshoorn-munisipaliteit ná ‘n mosie van wantroue ingedien is, is onwettig, het die Wes-Kaapse munisipaliteit Vrydag gesê.
“Die wettige raad van Oudtshoorn gaan voort met sy pligte wat deur die mense van Oudtshoorn aan hom toevertrou is, en gaan voort om die groter Oudtshoorn-gebied te beheer,” het speaker John Stoffels in ‘n verklaring gesê. “Die administrasie is op volle sterkte en gaan onverpoosd met sy pligte voort.”
Die DA het vroeër die dag aangekondig dat hy die ANC-beheerde munisipaliteit gaan oorneem nadat ‘n mosie van wantroue deur ANC-verteenwoordigers goedgekeur is. Stoffels sê die raad sal die saak voor die hof daag. “Die noodsaaklike regstappe is reeds aan die gang en die raad sal verseker dat alle regskoste van die betrokke raadslede in hul persoonlike kapasiteit verhaal word.”
Mmusi Maimane, woordvoerder vir die DA, het gesê die party het die mosie teen die burgemeester, adjunk burgemeester en speaker ingedien. Klik hier om meer te lees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ek wens die ANC en die DA wil doen waarvoor hulle in die raad gestem is, hou tog net op om met politieke speeletjies tyd en geld te mors.