Oudtshoorn: DA-oorname glo “onwettig”

Argieffoto van DA-ondersteuner

Die “oorname” van die Demokratiese Alliansie (DA) van die ANC-beheerde Oudtshoorn-munisipaliteit ná ‘n mosie van wantroue ingedien is, is onwettig, het die Wes-Kaapse munisipaliteit Vrydag gesê.

“Die wettige raad van Oudtshoorn gaan voort met sy pligte wat deur die mense van Oudtshoorn aan hom toevertrou is, en gaan voort om die groter Oudtshoorn-gebied te beheer,” het speaker John Stoffels in ‘n verklaring gesê. “Die administrasie is op volle sterkte en gaan onverpoosd met sy pligte voort.”

Die DA het vroeër die dag aangekondig dat hy die ANC-beheerde munisipaliteit gaan oorneem nadat ‘n mosie van wantroue deur ANC-verteenwoordigers goedgekeur is. Stoffels sê die raad sal die saak voor die hof daag. “Die noodsaaklike regstappe is reeds aan die gang en die raad sal verseker dat alle regskoste van die betrokke raadslede in hul persoonlike kapasiteit verhaal word.”

Mmusi Maimane, woordvoerder vir die DA, het gesê die party het die mosie teen die burgemeester, adjunk burgemeester en speaker ingedien. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek wens die ANC en die DA wil doen waarvoor hulle in die raad gestem is, hou tog net op om met politieke speeletjies tyd en geld te mors.

H J Bester ·

Van die vroegste tye af mors politici maar die belastingbetalers se geld met allerhande verspotte mosies, ondeurdagte twak-praatjies, ongegronde uitstappery en onvoorsiene slapery in die banke. Anderdag die volgende gelees: Wanneer lieg ‘n politikus ? – wanneer hy sy mond oopmaak ! Ongelukkig is al die raadslede deur die publiek verkies om in die Raad te dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.