Oudtshoorn-leerders dalk geskors oor ‘seksvideo’

Hoërskool Oudtshoorn

Die Wes-Kaapse departement van onderwys oorweeg dit om drie leerlinge aan die Hoërskool Oudtshoorn te skors nadat hulle glo betrokke was by die maak van ʼn seksvideo.

ʼn Woordvoerder van die departement, Bronagh Casey, sê ʼn dissiplinêre verhoor is by die skool gehou waarna die beheerliggaam voorgestel het dat die drie tienerseuns geskors word. Sy sê die departementshoof het die nodige dokumente van die skool ontvang en bestudeer tans die beheerliggaam se voorstelle. Casey sê die departementshoof moet die laaste besluit neem oor of die drie leerlinge geskors gaan word. Die drie leerlinge, onderskeidelik 16,17 en 18 jaar oud, is verlede maand in hegtenis geneem nadat ʼn 15-jarige meisie ʼn saak van statutêre verkragting teen hulle aanhangig gemaak het. Twee van die seuns het glo seks met haar gehad terwyl die derde die gebeure glo op sy selfoon afgeneem het. ʼn Video hiervan is glo aan ander leerlinge by die skool gewys. Dit is nie bekend wanneer die voorval plaasgevind het nie. Die seuns sal op 2 Desember in die Oudtshoorn landdroshof verskyn. Volgens berigte was daar twee soortgelyke voorvalle in Mei en September vanjaar – een op die koshuisgronde en die ander by die De Jager-sportkompleks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.