Ouers aangekla ná hul dogter té hard laat oefen

Argieffoto.

Argieffoto.

Die ouers van ʼn tienjarige sportster het Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle haar glo só hard laat oefen het, dat hulle van poging tot moord en kindermishandeling aangekla word, het Volksblad Dinsdag berig.

Die meisie se 38-jarige ma en haar 31-jarige stiefpa is op waarskuwing vrygelaat nadat hulle hulself gister in die landdroskantoor aan die polisie oorgegee het. Hulle moet weer Vrydag in die hof verskyn.

Volgens die berig spruit die aanklag van poging tot moord uit ’n voorval in Oktober verlede jaar toe die meisie vir lank in die Krugerdriftdam moes swem terwyl haar ma en stiefpa toegekyk het. Toe sy later nie meer kon swem nie, is sy glo geslaan en gedwing om weer te swem. Die ma word ook van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla.

Die meisie is in pleegsorg geplaas.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Dit is verskriklik. Waarom doen ouers dit? Besef hulle nie watse oneindige skade word die kind aangedoen nie. Hoe verwerk so kind dit om eendag tweede te staan en nie die goue medalje te hê nie. Absoluut onmenslik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.