Ouers aangekla ná kleuter polisie 15 keer bel

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou van New York en haar kêrel is aangekla nadat die vrou se tweejarige dogtertjie hul selfone gebruik het om die 911-noodnommer verlede maand 15 keer te bel.

“Heaven Britton (23) en Jason R. Hatcher (33) het aan die polisie gesê hulle probeer om hul selfone van die kleuter af weg te hou, maar sy kry dit heeltyd en bel dan 911,” het Matthew Martin, woordvoerder vir die polisie, gesê.

Die paartjie het verduidelik daar is ‘n “ICE” (In Case of Emergency)-knoppie op altwee selfone en indien die kleuter dié knoppie en dan die “send”-knoppie druk, skakel die oproep deur na 911.

Martin het verlede Woensdag met die egpaar gepraat nadat inbelsentrumbeamptes van Lewis County berig het die kind het hulle 14 keer in Januarie gebel. Hy het hulle aangeraai om die selfone in hul broeksakke te hou of bo-op die yskas te bêre.

Die kind het daardie aand die polisie ‘n 15e keer gebel en die paartjie is die volgende dag van dwarsboming van regeringsadministrasie aangekla.

Die dogtertjie het Vrydag die noodnommer ‘n verdere drie keer geskakel, maar hulle het intussen nog nie weer ‘n oproep ontvang nie.
Bron: ABC News, Syracuse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.