Ouers bly in aanhouding ná kleuter sterf

Olivia van Voeght

Die ouers van die driejarige Olivia van Voeght van Kaapstad wat op 30 Julie vermis geraak het, sal vir die volgende twee weke aangehou word tot hul volgende hofverskyning, berig EWN.

Olivia het uit haar huis in Lotusrivier verdwyn. Haar liggaam is die volgende oggend in ‘n nabygeleë vlei opgespoor. Haar ouers is ná die voorval ondervra en toe van verwaarlosing aangekla.

Die staat het Dinsdag tydens hul hofverskyning aangedui dat hulle borg sal teenstaan.

Melani Arendse, raadslid vir die Lotusrivier-gebied, het aan EWN gesê die gemeenskap wag nog op antwoorde. “Almal spekuleer. Ons wag vir die polisie om verslag te doen,” het sy gesê. Arendse sê talle gerugte doen die ronde. “Sommige mense sê hulle het by die rivier gespeel en haar nefie het kom sê dat Livvy in die water geval het, so ons weet nie of daar iets anders gebeur het nie. Ons weet nie of dit vuilspel of net ‘n ongeluk was nie. Die polisie ondersoek die saak.”

Olivia sal oor die naweek begrawe word.

Lees ook:
Dogtertjie se lyk gekry, ouers vas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.