Ouers in hof wat dogter té hard laat oefen

Argieffoto.

Argieffoto.

Die ouers van ʼn tienjarige sportster verskyn Vrydag weer in die Bloemfonteinse landdroshof nadat hulle haar glo só hard laat oefen het, dat hulle van poging tot moord en kindermishandeling aangekla word.

Die 38-jarige ma en die meisie se 31-jarige stiefpa is in November met ʼn waarskuwing vrygelaat nadat hulle, tydens hul eerste hofverskyning, hulself in die landdroskantoor aan die polisie oorgegee het.

Die aanklag van poging tot moord spruit uit ’n voorval in Oktober verlede jaar toe die meisie vir lank in die Krugerdriftdam, naby Bloemfontein, moes swem terwyl haar ma en stiefpa toegekyk het. Toe sy later nie meer kon swem nie, is sy glo geslaan en gedwing om weer te swem. Die ma word ook van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla.

Die meisie is in pleegsorg geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zet ·

Om jou kind te ondersteun is een ding, maar om ‘n kind te dryf tot sy nie meer kan nie, en boonop te slaan, dit is verseker mishandeling en poging tot moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.