Ouers ‘jag’ pedofiele

‘n Vermeende pedofiel word gejaag.

Bekommerde ouers van Engeland het ʼn groep geskep in ʼn poging om pedofiele te lok en te konfronteer.

Die groep, Letzgo Hunting, se lede doen hulle as minderjarige meisies voor en ‘klets’ met moontlik ‘jagters’ op verskeie sosiale netwerke en afspraakwebwerwe, berig The Daily Mail.

Die lede maak glo afsprake en verfilm dan die verdagtes, waarna hulle die inligting aan die polisie stuur. Hul optrede het reeds tot die inhegtenisname van ses verdagtes gelei.

Die groep het Sondag ʼn video bekendgemaak wat dramatiese beeldmateriaal wys hoe hulle ʼn ‘verdagte’ konfronteer. Die polisie het egter gewaarsku om nie reg in eie hande te neem nie, en geregtigheid aan hulle oor te laat. Hulle is ook bekommerd dat die groep se aksies met sake wat hulle besig is om te ondersoek, kan inmeng.

Die groep kan op Twitter by @LetzgoHunting gevolg word. Die groep noem hulself “Pedofiel-jagters” en hulle word op Twitter oorval met boodskappe van ondersteuning.

Klik hier om die video te sien en vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OompieKedoompie ·

Blêrrie goeie idee!!
Selfs as hierdie konsep bekend raak gaan dit die donners lekker afskrik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.