Ouers oor pedofiele gewaarsku

‘n Plaaslike organisasie wat kinders bystaan wat mishandel is, het ouers Vrydag gemaan om waaksaam te wees indien hul kinders huis toe kom met duur geskenke.

Die 74-jarige Johannes Kleinhans is vroeër die week op 95 klagtes van seksuele mishandeling skuldig bevind. Hy het sy slagoffers, van wie sommige maar nege jaar oud was, met geskenke beloon, berig EWN. Kleinhans het beweer hy was onskuldig en volgehou dat hy die slagoffers en hul gesinne met geld, kos en klere gehelp het. Alhoewel hy van die minderjariges slegs met basiese behoeftes gehelp het. Het hy ook duur items soos diamantjuweliersware gekoop en selfs ‘n motor vir een van sy tienerslagoffers in ruil vir seksuele gunsies.

Monique Strydom, woordvoerder van Matla a Bana, het gesê armoede dwing sommige ouers om blind te bly vir dit wat met hul kinders gebeur. Strydom sê pedofiele teer op arm mense. Sy doen ‘n beroep op ouers om waaksaam te wees, veral gedurende vakansietye, aangesien pedofiele in onwaarskynlike plekke kan skuil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.