Ouers ‘plategeslaan’ na pedofiel se appèl slaag

‘n Pa en ma van die Paarl buite Kaapstad is “platgeslaan” nadat die man wat hulle 10-jarige seun drie jaar gelede seksueel misbruik het se vonnis van vyf jaar tronkstraf ter syde gestel is.

Ian Appleton (72), ʼn afgetrede onderwyser, het verlede jaar in die Paarl streekhof erken dat hy ʼn sewejarige seun herhaaldelik verkrag het in 2007 en 2008. Appleton was glo jare lank vriende met die seun se ouers. Hy is vroeër vanjaar vyf jaar tronkstraf opgelê. Regters Vincent Saldanha en Daniel Dlodlo het egter Dinsdag die saak terugverwys na die Paarl streekhof en beveel dat Appleton se nuwe vonnis tronkstraf en korrektiewe toesig insluit.

Die seun se ma het aan die Cape Times gesê dat die regstelsel haar seun in die steek gelaat het. Sy sê slegs lewenslange tronkstraf sou vir haar voldoende gewees het. “Die stelsel het die feit verloor dat ʼn jong kind verkrag is, nie een keer nie, maar ʼn paar keer,” sê sy. “Ek is platgeslaan. Ek is ʼn baie hartseer vrou vandag. Dit is ʼn skande. Watter boodskap stuur dit uit aan ma’s wie se kinders verkrag is? Hulle het sig verloor van die misdaad. Dit is ook jammer om te sien hoe geld die stelsel kan beïnvloed. Hy is skatryk en kan die beste regsverteenwoordigers huur.” Die seun se pa sê hulle grootste fout was om nie hulle seun te laat getuig in die saak nie. “Ons het die verkeerde besluit geneem. Hy is ʼn sterk seun. As hy getuig het kon dinge dalk anders uitgedraai het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.