Ouers skuldig aan manslag na baba se dood

Adriaan Netto. Foto: @ewnreporter/Twitter

Adriaan Netto. Foto: @ewnreporter/Twitter

Adriaan Netto en sy lewensmaat is Woensdag in die Protea-landdroshof aan strafbare manslag, kindermishandeling en verkragting skuldig bevind in verband met die dood van hul tien maande oue baba.

Netto (37) en sy 34-jarige lewensmaat, wie nie geïdentifiseer mag word nie ten einde die identiteite van die paartjie se ander kinders te beskerm, sal op 30 September in die Palm Ridge-landdroshof gevonnis word. Die vrou het in trane uitgebars terwyl regter Majeke Mabesele sy uitspraak gelewer het. Netto, wat verlede week gevlug het en weer Maandag in hegtenis geneem is, het stil gesit en luister. Mabesele het bevind dat hoewel die paartjie nie hul babadogtertjie vermoor het nie, hulle haar wel verwaarloos en mishandel het en dat dit tot haar dood gelei het. Die paartjie se babadogtertjie is op 12 Maart 2012 dood. Sy was ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer. Netto is Maandag in Krugersdorp in hegtenis geneem nadat hy verlede Donderdag gevlug het toe uitspraak in die saak gelewer sou word

Die vrou se borg is verleng en Netto bly in aanhouding tot vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

vuurvreter ·

Nou het alles gesien en gehoor!!!!! Die vrou uit op borg!!!! Ek wonder net hoeveel hulle berou het. Of ek glo nie dit bestaan in hulle woordeboek nie.

Dinknet ·

Daar kan nie berou wees nie! As jy nie tot jou sinne kan kom terwyl jy so n sieklike daad met n verseker skreeuende kindjie pleeg nie,kan niks jou later tot berou bring nie!!

Mariska ·

Vader weet alleen hoe hulle tot sulke dade instaat is. Ek hoop van harte hul ander kinders is nie ook slagoffers nie…..on te dink dis jou eie ma en pa wat dit aan jou doen……dis ondenkbaar.

J.A. ·

ONGELOOFLIK dat ‘mense’ tot so iets in staat kan wees……. Die ou dogtertjie is verlos van ‘n wrede lewe op hierdie aarde!

A Theyse ·

My hart breek vir die arme baba!! Hoe kan enige normale mens dit doen? En jy as ma, dit toelaat??! Ek hoop die “pa” kry van sy eie medisyne in die tronk!

Inggs ·

In my lewe kan ek nie glo dat enige mens so iets kan doen aan ‘n klein babatjie nie! Daai ding wat homself ‘n man noem moet ‘n stadige pynlike dood ly, nes sy eie dogtertjie!

Justi ·

Die sogenaamde ouers is in my oe absolute barbare! Dit wat hulle. Gedoen het is walglik en afstootlik! In my oe is hulle die laagste van die laagste! Gevoellose gemors!

frederik ·

Daai pa en ma moet in die tronk gesit word en goed by die anus opkry vir n paar maande en dan die flippen doodstraf

luandri ·

Dis siek wat dehel gaan in hulle koppe aan is hulle ooit mense of van die duiwel beseute siek wat jy saai sal jy maai regtig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.