Ouers skuldig bevind na hulle dogters glo as seksslawe gebruik

ʼn Ouerpaar wat “niks gedoen het” terwyl hulle dogters seksueel misbruik en verkrag is vir geld nie, is Maandag skuldig bevind in die Pretoria streekshof.

Die ouerpaar het vroeër skuld ontken op meer as 20 aanklagte van onsedelike aanranding, medepligtigheid tot onsedelike aanranding en verkragting sowel as kindermishandeling. Hulle borgtog van R3 000, wat in 2009 toegestaan is, is teruggetrek en hulle sal agter tralies bly tot vonnisoplegging volgende jaar. Landdros Mariette Louw het in ʼn verklaring wat aan die hof gelees is gesê die paartjie, wat se laaste adres Mountain View was, het hulle twee dogters, drie en vyf jaar oud, as seksslawe gebruik tussen Desember 2005 en Desember 2007. Die kinders is in Desember 2007 uit hulle ouers se sorg verwyder. Die seksuele misbruik het aan die lig gekom nadat een van die meisies in 2008 ʼn onderwyser daarvan vertel het. Volgens die verklaring het die meisies aan die hof gesê hulle is na verskeie plekke geneem waar hulle onder meer vir mans en vroue moes dans. Hulle het ook getuig dat hulle soms vir mans orale seks moes gee en hoe speelgoedblokkies in hulle private dele opgedruk is. Van die mans het hulle ma glo R100 betaal om hulle te verkrag. Die ouerpaar sal na verwagting vroeg in 2012 gevonnis word.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.