Ouers vas na dood van hul ‘vermiste’ kind

ʼn Paartjie van Johannesburg is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die dood van hul kind wat vroeër as vermis aangemeld is.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die ouers het hul driejarige dogtertjie op 10 Julie as vermis aangegee. Hy sê die kind se liggaam is egter Vrydag in die kelder van die woonstelblok waar hulle bly, gevind. “Sy was in ʼn plastieksak toegedraai en het reeds begin ontbind.” Mbele sê die ma beweer dat die dogtertjie siek was en toe oorlede is. Die pa het toe glo die liggaam toegedraai en na die kelder geneem. Die paartjie sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

sylvia ·

en julle noem julle self ouers pffft, julle is nie ouers nie julle is SIEK mense om julle eie kind dood te maak mag julle vrot in die trok en die rotte julle lewendig op vreet want julle is nie ouers se gatwerd nie.

Ronel ·

sekere mense dink hulle lewe nog in die bos en kan maak soos hul wil

marlise ·

hoe siek is die wereld as mense nie wil kinders he nie moet nie maak nie. daar is mense wat graag wil kinders he maar kan nie kry nie. ek hoop daai 2 mense sit lewemslank hul verdien nie kinders of niks nie hul moet in die tronk gegooi word en somer die sleutel weg gooi

Enid ·

Hoe siek is ons samelewing nie. Ek kry sommer hier trane in my oë! Daar is so baie, baie ouerpare wat bid om ‘n kindtjie te kry en ander moor hulle uit. As die 3 jarige dogtertjie so siek was, hoekom nie dadelik mediese hulp gekry het nie. Die bewyse dink ek is sterk dat dit net alkohol of dwelm verslaafdes ouers wees. Normale ouers tree nie so op nie

poppie ·

Hoe kan mense dit aan hul kleinmensie doen julle is SIEK. Die kleinmensie het nie gevra om daar te wees SIES. BO gaan jul nie verby kom. Ek glo en vertrou dat jul op aarde ook jul straf sal kry.

Maritza ·

Ek wens mense wat nie kinders wil he nie, wil hulle kinders vir egpaartjies gee wat bid vir n kleintjie! Dis mense soos julle wat my bev&k maak! Die kindjie het nie gevra om hier te wees nie! En wie is julle om daardie kindjie so seer te maak!

Maria ·

WAT het hierdie ouers gedink? Dat die arme kindjie sulke ouers moes hê…..dis erger as om jou kind net weg te gee! Maak my woedend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.