Ouers wil nuwe skool hê

Ouers wat op ‘n nuwe skool vir hul kinders aandring, het Dinsdag in Mitchell’s Plain, Kaapstad, betoog.

“Ouers van die kinders wat in Philippi bly, het buite Laerskool Khanya in Mitchell’s Plain betoog. Hul kinders is tans leerders by dié skool,” het Paddy Attwell, woordvoerder van die departement van die Wes-Kaap, gesê.

Die departement het gesê skole in Philippi is onder druk, so leerlinge is na ‘n skool in Mitchell’s Plain, wat voorheen leeg gestaan het, geneem. Die skool het busse voorsien wat die leerders tussen die twee gebiede vervoer het.

Attwell sê daar is reeds planne vir ‘n nuwe skool in Philippi, maar dit is moeilik om grond te bekom. “Ons sal, sodra ons geskikte grond bekom het, die skool begin bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.