Oukersaand-tragedie: Pa probeer dogter by ongelukstoneel red

Katie Hamilton Foto: Sarah Whitcomb, Facebook

Katie Hamilton Foto: Sarah Whitcomb, Facebook

Steve Whitcomb (58), ʼn vrywillige brandbestryder, het op Oukersaand reageer op ʼn motorongeluk in New Hampshire, Amerika en het probeer om die sterwende slagoffer te help, net om uit te vind dit is sy eie dogter.

Katie Hamilton (30), Whitcomb se dogter, is dood in ʼn motorongeluk wat haar sportnutsvoertuig in aankomende verkeer gedruk het, het die polisie gesê. Die impak was reg van voor.

NY Daily News berig daar was drie motors in die ongeluk betrokke.

Hamilton laat drie kinders agter. Die ongeluk het skaars 1.6 km van haar huis af plaasgevind.

Die polisie glo nie dat spoed of bestuur onder die invloed die ongeluk veroorsaak het nie.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marietjie ·

Nou vir wat al die baie oorsese algemene elke dagse Amerikaanse nuus?

Ria Maritz ·

Bly jy opper dit ! Self opgemerk. Dit bly nietemin baie hartseer om jou eie dogter in sulke omstandighede te moet sien.

BAIE STERKTE

Adoons ·

Marietjie, mens moet darem seker nie te kieskeurig wees as mens gratis nuus op Kersdag kry nie!

Ria Maritz ·

Liewe lesers, indien my opmerking aanstoot gegee het, vra ek om verskoning. Dit het bloot daaroor gegaan dat byna elke berig oor die afgelope paar dae ‘n oorsese gebeurtenis was. Nogmaals, jammer.

NS: Ek dink meeste van ons is so uitgehonger vir positiewe nuus hier in ons land.

Justi ·

Dankie Maroela dat ons oorsee se nuus ook kry. Dit is goed om te lees van ander lande ook.
Ek stel voor as ander dit nie geniet nie, dan moet hulle dit nie lees nie.
Dit moes bitter moeilik vir die Pa gewees het. Sterkte aan hom en sy familie.

Dot ·

Dit IS nuus. Dis nie alledaags dat n pa sy sterwende kind te hulp probeer snel nie! Baie tragies

GawieM ·

Op Praag is daar geen nuus nie so dit is seker goeie nuus. Maroela het op Kersdag selfs meer nuus as wat Praag op ‘n gewone dag het dan moet mense nog betaal ook om kommentaar daar te lewer.
Ek stem dat plaaslike nuus meer welkom is, maar weet ook dat dit vakansie is en dat Maroela se mense ook op verlof is.

Henrietta Klaasing ·

Mens betaal nie net om kommentaar te lewer nie, daar is ander voordele ook:

“As PRAAG-lid ontvang u lidmaatskap van Klub Digitaal met toegang tot die aanlynbiblioteek Papyyrus.com met 22 500 eboeke, asook 30% afslag op elesers, tablette en rekenaars.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.