Ouma dood, baba verdrink amper

Argieffoto. Die baba is in ‘n buidelsak gedra toe die voorval plaasgevind het.

‘n Vrou is dood en haar eenjarige kleindogter in ‘n kritieke toestand nadat die vrou in ‘n swembad geval het toe sy die baba in ‘n buidelsak gedra het.

Die 63-jarige ouma het glo middagete by haar dogter se huis in Dapto, suid van Wollongong in Australië, geniet toe sy en haar kleindogter buite gaan stap het, berig news.com.au. Sowat 10 minute later het haar kleinseun, wat nog nie 10 jaar oud is nie, opgemerk die twee dryf in die swembad. Hy het sy ma geroep wat hulle toe altwee uit die swembad getrek het. Sy het dadelik ‘n ambulans ontbied.

“Paramedici kon die dogtertjie red, maar die ouma was reeds dood,” het ‘n woordvoerder van die polisie gesê.

‘n Voorlopige ondersoek is gedoen en dit lyk of dit net ‘n tragiese ongeluk was. “Die vrou het nie ‘n mediese toestand gehad nie, en dit is moontlik dat sy ‘n hartaanval of beroerte gekry en toe in die swembad geval het.”

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal wat gebeur het.

Die swembad was met ‘n stewige hek omhein.

Die ouma was ten volle geklee en die polisie vermoed dat sy saam met die baba net rondom die swembad gestap het toe die voorval plaasgevind het. Die kind is steeds in die Wollongong-hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend van der Merwe ·

Hierdie is waarlik slegs ‘n tragiese voorval. Ek is seker daardie sakke red meer kinders as wat dit tot ongelukke lei. Dit is maar soos sitplekgordels. Meeste van die tyd red dit mense maar in sekere fratsongelukke moor dit mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.