Ouma en kleinkind vermoor

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy sy identiteitsdokument op die toneel verloor het waar hy glo ʼn bejaarde vrou en haar kleindogter vermoor het.

Maj. Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Maandag gesê die 89-jarige vrou en haar vyfjarige kleindogter het Saterdagaand in hul plakkershuis in Elliotdale geslaap toe die verdagte die huis se deur oopgeskop het om toegang te kry.

“Die man het die vrou verkrag en daarna met ʼn mes doodgesteek. Hy het daarna die kind ook met die mes doodgesteek,” het Jozana gesê.

“Die verdagte se identiteitsdokument is op die bed gevind waar die vrou se liggaam gelê het. Die polisie het later die 23-jarige verdagte in hegtenis geneem.”

Die man moet binnekort in die Mqanduli-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Hulle moet nie eers die saak ondersoek nie , hang die bliksem , toe hy dit gedoen het het hy nie eers ondersoek gedoen nie .

Sankie ·

DOODSTRAF, DOODSTRAF, DOODSTRAF VIR ELKE VERKRAGTER EN MOORDENAAR. ONS BETAAL VIR HULLE ONDERHOUD EN VIGS MEDIKASIE IN DIE TRONKE. HOE DAN NOU? DIS NET EEN LEKKER LEWE DAARBINNE ANDERS SOU HULLE TE BANG GEWEES OM SO IETS TE DOEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.