Ouma het verkragters nou al 4 keer afgeweer

‘n Pensioenaris het nou al vier pogings tot verkragting deur seuns, jonk genoeg om haar kleinkinders te wees, in KwaZulu-Natal oorleef.

Ntombiyezwi Zulu (60) van die Zulu-koninklike gesin, het vier pogings tot verkragting in die afgelope vyf maande oorleef, het Saturday Star berig. Sy is ‘n voormalige professionele drawwer wat die Comrades Marathon al nege keer voltooi het. Zulu sê sy moes nou al een van haar seuns, Sthandwa, versoek om haar op haar daaglikse 04:00-oefensessie te vergesel. “Ek is al ‘n paar keer beroof, maar ek is nie beseer nie,” het sy gesê.

Sy is verwant aan koning Goodwill Zwelithini en hardloop al die afgelope 32 jaar so vroeg in die oggend.

Zulu sê twee gewapende seuns het haar in Januarie aangeval en onder ‘n brug in getrek. Een van die seuns het glo aan haar gesê hy is aangetrokke tot haar weens haar fiksheid. Sy kon wegkom.

In nog ‘n voorval is Zulu vir sowat ‘n uur lank deur ‘n man aangerand wat haar gewurg het toe sy probeer terugbaklei. Sy kon na die polisiestasie toe hardloop.

‘n Paar weke tevore het ‘n sekuriteitswag haar van ‘n vermeende aanvaller gered.

In ‘n ander voorval is sy met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan, maar ‘n motoris het haar lewe gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.