Ouma ook vas ná rotte aan kind vreet

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die ouma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, is Donderdag deur die polisie ingeneem vir ondervraging.

Die seuntjie se sussie, wat twee jaar oud is en wat saam met hom by die ouma gebly het, is in die sorg van welsynwerkers geplaas.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die ouma word ook ondervra, aangesien die baba en die kleuter in haar sorg was nadat die ma vroeër aan kinderverwaarlosing skuldig bevind is. “Ons kan nie te veel oor die saak uitbrei nie, want dit kan die hofsaak vooruitloop, maar die ouma moet verduidelik hoekom sy die kind in sy ma se sorg gelaat het die Vrydag voor hy dood aangetref is. Sy was nie veronderstel om dit te doen nie,” het Mofokeng gesê. “Na afloop van die ondersoek kan die ouma moontlik ook van kinderverwaarlosing aangekla word.”

Die ma, Nokuthula Gumede (23), en haar kêrel, Fernando Sidanvo (35), het Donderdag vlugtig in die Pretoria landdroshof verskyn op aanklagte van moord en kinderverwaarlosing.

Hulle bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning. Gumede is Dinsdag in ʼn kroeg in Randburg hegtenis geneem en Sidanvo is Woensdag in Diepsloot in hegtenis geneem. Die saak is tot 20 November uitgestel.

Mofokeng het Maandag gesê die polisie vermoed die kind is deur rotte gevreet nadat hy sonder toesig gelaat is. Sy een voet was weggevreet en daar was verskeie bytmerke regoor sy liggaam. Die vel op sy gesig is ook gevreet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacqueline emmerich ·

Dis verskriklik!kan nie glo ‘n ma kan haar kinders so verwaarloos!

leon ·

More almal, ai ai maak nie saak watter kleur die baba was nie dit was n grusame dood.

Trudie Erasmus ·

Ek kan net nie verstaan as die kind nog lewendig was, dat die rotte aan hom kon vreet sonder dat hy probeer weg kruip het of geskreeu/gehuil het nie. My mening is dat hy reeds dood was toe die rotte aan hom gevreet ek. Ek meen, ‘n hele voet weggevreet, iets klink nie lekker hier nie.

Lize ·

Dit is onmenslik!! Hoekom het hulle nie van die begin af die kinders in ‘n tehuis gesit nie? Hoe lank het die kind alleen daar gelê?

Eleen Blaeser ·

Dit is vreeslik. Ek glo nie die maatskaplike dienste weet meer wat om met al die arme kindertjies te doen nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.