Ouma oorleef bylaanval

Argieffoto

‘n Bejaarde vrou van die Oos-Rand in Gauteng sterk aan in die hospitaal nadat sy vermoedelik deur haar 14-jarige kleinseun met ‘n byl aangeval is.

“Sy het die aanval oorleef. Sy word by die Verre Oos-Rand Hospitaal behandel,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. Volgens aanvanklike berigte het die vrou van Etwatwa gesterf nadat sy Vrydag ná die aanval in die hospitaal opgeneem is.

Die tiener se 42-jarige ma en sewejarige boetie en drie maande oue sussie is dood. Twee van sy sussies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop. Die tiener het gevlug, maar is later aangekeer en van moord aangekla. Hy sou Maandag in die landdroshof in Benoni verskyn het, maar die saak is tot Woensdag uitgestel.

“Die verdagte is steeds in die hospitaal en ondergaan sielkundige ondersoek,” het Dlamini gesê. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die polisie het die beweerde moordwapen Dinsdag opgespoor. “Polisiebeamptes en plaaslike patrollielede het die byl ná ‘n sorgvuldige soektog in ‘n veld naby die informele nedersetting opgespoor.”

Lees ook:
Burgemeester geskok oor bylmoorde
14-jarige vas ná bylmoorde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.