Ouma pleeg selfmoord, blameer regering

ʼn Vrou van Brittanje het vermoedelik haar eie lewe geneem en het die Britse regering in haar selfmoordbrief vir die daad blameer.

Die Belfast Telegraph het Maandag berig die 53-jarige Stephanie Bottrill, ʼn ouma van Solihull, het glo voorheen vir haar bure gesê sy kan nie meer bekostig om te lewe nie. Sy het op glo op 4 Mei selfmoord gepleeg.

Sy skryf in haar selfmoordbrief aan haar seun Steven Bottrill (27): “Moet nie jouself vir my dood blameer nie, blameer die regering.” Stephanie kon nie glo nie die £20 (R280) ekstra per week bekostig vir twee kamers wat sy nie benut het nie, waarop die regering haar vir sogenaamde ‘slaapkamerbelasting’ ekstra belas het.

Kragtens die spaarkamersubsidie-beleid, wat verlede maand in Brittanje in werking getree het, word mense van die werkende mark belas as hulle meer slaapkamers het as wat hulle benodig.

“Alles was klopdisselboom voor die ‘slaapkamerbelasting’. Die regering het nie ʼn idee watter impak dit het op mense soos my ma nie. Dit is deur mense in Londen uitgedink wat in groot kantore sit en groot huise het,” het Steven gesê.

Volgens Steven het die belasting veroorsaak dat sy moes trek, maar dat sy nie haar huis wou verlaat waarin sy al vir 18 jaar lank bly nie. “Sy het gesê sy wil nie trek nie, maar sy het nie ʼn ander keuse gehad nie,” het Steven gesê.

Stephanie het alleen in haar drieslaapkamerhuis gewoon, sedert haar twee kinders uit die huis uit getrek het.

Lees meer hier:  http://www.belfasttelegraph.co.uk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Met ons regering wat altyd saam met die groot lande wil piepie kan ons seker verwag om binnekort ook slaapkamerbelasting te betaal!

JB ·

Van volgende jaar af gaan ons dit ook nou moet betaal! Net nuwe idee vir regering om nog geld by ons te kan steel!!!

Sandy van litsenborgh ·

Die storie sy so die Mense werk nie hulle kry voor dele van die staat Mense wat werk betaal daarvoor sy moes trek omdat die huis te groot is vir een mens of sy Verloor n gedeleelte van die geld wat die staat be taal! Su was nie gelukkig hieroor nie maar sy Kon gaan werk soek maar baie Mense is te lui om te werk hulle hou daar van dat die staat be taal on self Moore te pleeg hieroor is gek sy het seker mental health issues gehad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.