Ouma probeer tevergeefs om baba te red

Kauthar Abrahams, ‘n agt maande oue babadogtertjie is Donderdagaand in ‘n brand in Bonteheuwel, Kaapstad, oorlede.

“Die brand het Donderdagaand net ná 22:00 in die Wendy-huis uitgebreek,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, gesê. “Sy was te klein om te reageer en die verwoestende brand te ontvlug. Sy het aan haar noodlottige brandwonde beswyk.”

Aisha Abrahams (57), Kauthar se ouma, het haar probeer red, maar sy het rookinaseming opgedoen. Sy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens ‘n voorlopige ondersoek het die brand vermoedelik ontstaan weens ‘n kers wat omgeval en beddegoed aan die brand gesteek het, het Solomons-Johannes bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.