Ouma se verkoolde oorskot buite haar huis in Pta gekry

Die verkoolde oorskot van ʼn bejaarde vrou is Woensdag buite haar huis in Mamelodi, Pretoria gevind, het die polisie gesê.

Kapt. Johannes Maheso het gesê die bure het die polisie ontbied toe hulle die 88-jarige vrou se liggaam naby haar voordeur buite haar huis sien lê het. Sy het alleen gebly, maar sy het kamers op haar erf uitverhuur. Die vrou se 46-jarige kleinkind word tans deur die polisie ondervra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.