Ouma sterf in ongeluk; gesin beseer

ʼn Vrou is Sondag oorlede en vyf mense beseer in ʼn ongeluk buite Kimberley, sê paramedici.
ER24-woordvoerder André Visser sê ʼn pa, ma, twee kinders en hul grootouers was op die N12 op reis in ʼn Volkswagen kombi toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit omgeslaan het.
Visser sê die kombi het in ʼn paal langs die pad vasgery en aan die brand geslaan.
“Die ouma het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” sê hy.
Die oupa, pa en ma het verskeie brandwonde opgedoen. Die kinders het slegs geringe beserings opgedoen. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.