Ouma sterf in Wes-Rand ongeluk

ambulansʼn Ouma is dood en haar dogter en kleinseun ernstig beseer nadat twee voertuie Maandagoggend naby Krugersdorp, wes van Johannesburg, teen mekaar gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die R563-pad in die Maropeng-omgewing naby die Cradle of Humankind plaasgevind.

“ʼn Mercedes het die agterkant van ʼn sedan, waarin die bejaarde vrou, haar dogter en vyfjarige kleinseun gery het, getref,” het Jackson gesê.

Die ouma het in die passasiersitplek gesit en is op slag dood. Haar dogter, wat die voertuig bestuur het en die seun, wat agter in die voertuig gesit het, is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die vrou wat alleen in die Mercedes gery het, het geen beserings opgedoen nie en het nie mediese behandeling nodig gehad nie.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en gaan deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.