Oupa en kleinkind beseer in bootongeluk

ʼn Oupa, sy seun en drie kleinkinders het verskeie beserings opgedoen na ʼn bootongeluk vroeg Maandagoggend.

Volgens ER24 wil dit voorkom of die gesin ʼn kragboot naby Umkomaas, Kwazulu-Natal, in die see in wou loods toe iets fout gegaan en die boot gekantel het. Die twee mans en drie kinders is in die water in geslinger. Met paramedici se aankoms was die gesin sopnat, maar veilig.

“Die gesin kon daarin slaag om terug te swem strand toe. Die oupa het die ergste beserings uit die vyf opgedoen,” lui ʼn ER24-verklaring. “Die oupa, in sy 60s, het beserings aan sy gesig opgedoen en daar was ʼn hoek in sy been. Hy en sy 10-jarige kleinseun, wat verskeie snye en kneusplekke opgedoen het, is na die Kingsway-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die pa en die ander twee seuns, onderskeidelik 4 en 7 jaar oud, het geringe beserings opgedoen, maar het nie hospitalisering benodig nie. Die ma en ouma het hulle by die toneel kom haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.