Oupa en kleinkinders glo in gru-huis aangehou weens godsdienstige redes

hofbevelTwee sussies en hul broer van Pretoria het Maandag en Dinsdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, en regsverydeling.

Maroela Media het verlede week berig Samuel Malatji (52), Regina Malatji (49) en Lillian Malatji (47) het na bewering hul pa, Benedict Malatji (80), en broerskinders Kentridge Malatji (30) en Thabo Malatji (23) in ʼn donker kamer by hul groot huis in Atteridgeville vir ʼn jaar lank aangehou. Benedict het twee weke gelede gesterf en Kentridge en Thabo moes in dié tyd saam met sy liggaam saamleef.

Thabo is glo geestesversteurd. Kentridge kon daarin slaag om te ontsnap en het die polisie ontbied. Die polisie het die twee susters in ʼn ander kamer aangetref waar hulle glo gebid het. Die broer het onder ʼn bed weggekruip.

Kapt. Bonginkosi Msimango het Dinsdag aan Maroela Media gesê die landdros het Maandag en Dinsdag aangehoor die oupa en sy kleinkinders is aangehou omdat dit “ʼn opdrag van God” was, “omdat hulle duiwels sou word”.

Die saak om borgtog te kry duur nog voort.

Lees ook:
Familielede saam oupa se lyk aangehou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stoere Boer ·

Dit is onmoontlik Godsdienstige redes. Ja bygelowe beslis. Een of ander “Muruti” (elke tweede een is mos deesdae ‘n predikant) het seker weer die nonsens kwyt geraak om die gunste en gawes van die kinders te verkry. Daardeur kan hy hulle beheer vir eie plesier.

Willy ·

Maar waar het ons hierdie berig so paar maande gelede gelees? My geheue laat my seker net in die steek.

Trippie ·

AU !!!!!

HOEKOM IS MY BYDRAE VERWYDER – ek het polities-korrekte terme gebruik !

***

Willy, dit was hier op Maroela, maar toe was die rede vir die moord nog onbekend (alhoewel ons mos maar vermoed het wat die rede daarvoor was). Vermoed dit was verlede week).

Lees ook:
Familielede saam oupa se lyk aangehou

Willy ·

Ooo okei. Dankie Trippie. Gelukkig het ons ‘n jong dame in die span wie se geheue nog vars is.

vuurvreter ·

Kolskoot Willy. Dink hulle dis die creche die. Hulle moet bykom of die persoon wat ons kommentaar afhaal moet wegkom. Kan hulle nie sien hulle gaan ons almal verloor nie.

Attie Mof ·

Ek stem met maroela dinge het bietjie begin woes word, niemand kan hul view stel sonder om aangeval te word omdat hul nie deel van die flock is nie, ek was ook al aangeval hier oor my homoseksualiteit, atiesme, en liberale views, miskien kan mens nou ordentlik gesels sonder die aanvallery en almal mekaar miskien ook bietjie iets leer, insluitent myself.

Willy ·

Attie jy is reg. Jy sal nie deel wees van die flock met daardie sienswyse van jou. Veiliger vir jou om op die kant te staan.

Trippie ·

Attie, normaalweg is ek rustig van geaardheid, en ek sal steeds rustig wees, maar as dit kom by my God en daar word gelaster, SAL EK NOOIT STILBLY NIE.

Attie ·

Ek is nie godslasterlik nie, ek gun almal hul spasie en stoot nie mense weg wat gelowig is nie, maak dit my dan regtig so ‘n slegte persoon dat ek op dit alleen verwerp moet word? Maak niks sin nie en bewys my punt.

daniel ·

Daar staan tekenin op nuusbrief maar kan nie skryf want die woorde is laag dan bly die woorde daar kan nie nuus lees wat gaan aan maroelamedia

Kobus ·

Dagsê Daniel, ek het jou beantwoord per e-pos. Dankie vir die terugvoer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.