Oupa erken skuld op seksuele misdrywe

ʼn 58-jarige sakeman en oupa het Woensdag op twee aanklagte van seksuele aanranding in die landdroshof in Humansdorp skuldig gepleit, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Die polisie het verneem dat die man sy vierjarige en sewejarige kleindogters seksueel misbruik het, het lt.kol. Priscilla Naidu gesê. Volgens Naidu het die kinders langs hul oupa gebly toe die misdrywe plaasgevind het. “Die kinders het hul ma net voor Kersfees oor die seksuele misdrywe ingelig. Die man is Maandag in hegtenis geneem. Tydens sy tweede verskyning in die hof Woensdag het hy skuld erken en is hy op R5 000 borg vrygelaat.” Die kinders is steeds onder hul ouers se toesig en die paroolvoorwaardes bepaal dat die oupa nie in die Humansdorp-omgewing mag tuisgaan nie. Die saak is tot 2 Maart vir vonnisoplegging uitgestel, het Naidu gesê. “Dit is kommerwekkend dat dit in baie gevalle juis diegene is wat kinders behoort te kan vertrou, soos hul ouers, vriende en familielede, wat die oortreders van hierdie afgryslike misdade is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.