Oupa gevonnis ná hy kleinkind verkrag

verkrag‘n 65-jarige man is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy sy negejarige kleindogter verkrag het.

“Die man is Woensdag 18 jaar tronkstraf opgelê,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê.

Die negejarige het op 27 Augustus 2012 saam met maatjies gespeel toe haar oupa haar na sy huis geneem en daar verkrag het. “Die slagoffer se ma het haar pa op heterdaad betrap en die voorval by die polisie aangemeld.”

Die beskuldigde is ‘n dag later in hegtenis geneem en van verkragting aangekla.

Lt.gen. Mmammonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Skokkend!!! Ek onthou my oupa as ‘n pretoupa. ‘n Oupa wat koeldrank onder sy arms uitgetoor het. ‘n Oupa wat die paashasie geroep het, en dan was die hele tuin vol van die sagte malvalekkerpaaseiers.

‘n Oupa wat NOOIT OOIT eens ingekom het waar ons gebad het nie. Nie eens toe ons net drie jaar oud was nie.

‘n Goeie Oupa. ‘n Liefdevolle Oupa. ‘n Oupa op wie se skoot ons kon sit, en hy het NOOIT OOIT gevat waar hy nie moes nie. Nie eens per ongeluk nie.

Wat het van die mensdom geword? Dat ‘n Oupa sy eie kleinkind misbruik en verkrag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.