Oupa in hof wat glo met kleinkinders lol

ʼn 58-jarige oupa wat vroeër skuldig gepleit het op twee aanklagte van seksuele aanranding het Vrydag in die Humansdorp landdroshof in die Oos-Kaap verskyn

“Die saak is uitgestel tot 30 Maart, terwyl die hof wag op ‘n psigiatriese verslag,” sê ʼn polisiewoordvoerder, lt. kol Priscilla Naidu. Die oupa het op 11 Januarie skuldig gepleit op aanklagte dat hy sy 4 en 7-jarige kleindogters, wat in die huis langs syne gewoon het, seksueel aangerand het. “Die kinders het net voor Kersfees vir hulle ma van die seksuele aanranding vertel. Die man is kort hierna in hegtenis geneem. Hy is tydens sy tweede hofverskyning op borgtog van R5 000 vrygelaat,” se Naidu. Volgens die man se bogvoorwaardes mag hy nie in Humansdorp woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.