Oupa met Alzheimer’s word vermis

Kobus Kapp

Kobus Kapp

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Kobus Kapp, ʼn 75-jarige man van Pretoria wat aan erge Alzheimer se siekte ly, word sedert Sondag vermis.

Kapp het Sondag omstreeks 11:00 te voet uit Bushweg, Equestria in Pretoria vermis geraak. Hy is lank en maer, ongeveer 1.76m lank en weeg ongeveer 65kg. Hy het kort, grys hare en blou oë. Hy het ʼn grys baadjie, hemp met ʼn rooi patroon, ligbruin broek, sandale en ʼn swart sportpet aangehad.

Die familie versoek dat enigiemand met inligting oor waar Kapp hom kan bevind om met sers. Hlatshwayo by Silverton-polisiestasie in verbinding te tree. Kontak Hlatshwayo by 012 845 4000 of 072 214 7439.
kobus kapp 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.