Oupa skiet vermeende inbrekers

EWN berig dat ‘n 71-jarige oupa in ʼn skietgeveg met drie rowers betrokke geraak het nadat hulle na bewering by sy huis probeer in breek het.

Volgens Nic Rossouw, oupa van ses kleinkinders, het sy bure hom gebel en gesê daar is drie mans op sy eiendom. Rossouw het sy vuurwapen gevat en na buite gegaan. Die mans het glo op hom losgebrand waarna hy terug geskiet het en twee van die vermeende inbrekers gewond het. ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem. Rossouw, ʼn afgetrede sakeman, sê hy was baie kwaad aangesien daar die afgelope ses weke vier keer by hulle ingebreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.