Oupa vas oor verkragting

handcuffs3-320x257ʼn 77-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy kleinkind verkrag het.

Kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, sê die eenjarige kind se ma het glo agtergekom die kind is verkrag toe sy haar gebad het. “Die ma het dadelik gesê die oupa is ʼn verdagte aangesien hy haar glo ook verkrag het toe sy 12 jaar oud was. Sy is nou 18.” Khoza sê die oupa is van Mosambiek maar is in besit van ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsdokument. Hy sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rondom Lelik ·

Die ma is net so skuldig soos die oupa. Sy moes haar verkragting rapporteer het dan sou hierdie verkragting nie plaasgevind het nie. Hoeveel verkragters loop tussen ons rond nie omrede die saak nie aangegee is nie.
Hoop die gemors sit die res van sy lewe, wat hy nog oor het, in ‘n oorvol sel met ‘n klomp ander verkragters. Gee hulle dan sommer elke uur elkeen een van daardie blou pilletjies 24/7

Deana ·

Sy is self verkrag, en sy los wragtig haar eie kind by die siek ding.

Justi ·

Dat so n “OU” man so sielsiek kan wees! Die gemors. Mag hulle hom die res van sy misrabele lewe toesluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.