‘n Man is Sondag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy 6-jarige kleindogter verkrag het.
Die 38-jarige man is Sondagoggend in Butterworth in hegtenis geneem, het EWN berig. Volgens Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het dokters bevestig dat die dogtertjie verkrag is. Na bewering het die voorval in Meimaand plaasgevind. Die verdagte sal in die week in die hof verskyn.
Interpol het Suid-Afrika in Aprilmaand as die “verkragtinghoofstad van die wêreld” beskryf. Luidens ‘n studie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het een uit elke vier mans erken dat hulle al ‘n vrou verkrag het.