Outa besluit of hy teen e-tol-uitspraak gaan appelleer

Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) gaan Vrydag besluit of hulle teen die onlangse uitspraak oor die omstrede e-tolstelsel in Gauteng gaan appelleer. Regter Louis Vorster in die Pretoriase hooggeregshof het Outa se aansoek afgekeur en bevind dat die e-tolprojek kan voortgaan. Volgens Vorster was die basis van Outa se aansoek, dat daar nie voldoende openbare deelname aan die proses was nie, gebrekkig.

“Ons het die uitspraak bestudeer en vergader Vrydag met ons regspan om die pad vorentoe te bespreek,” het Wayne Duvenhage, Outa se voorsitter, Donderdag gesê. “Ons glo ons het redelike sterk redes om te appelleer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.