Outa dien appèl in

Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag sy aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak dat die omstrede e-tolstelsel op Gauteng se hoofweë geïmplementeer kan word.

Outa het vroeër aansoek gedoen dat e-tolstelsel geskrap moet word. Die hof het egter in Desember dié aansoek met koste verwerp. Outa het Maandagaand aangekondig dat hy teen die uitspraak en kostebevel gaan appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.