Outa gaan appelleer

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) gaan appèl aanteken teen ‘n hofuitspraak wat bevind het dat die omstrede e-tolprojek in Gauteng kan voortgaan.

“Ons gaan appèl aanteken. Ons moet nou net ‘n mandaat van ons lede bekom,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, Vrydag aan Sapa bevestig. Outa het Vrydag met sy prokureurs vergader om die uitspraak van die hooggeregshof te hersien. “Die vergadering het bepaal dat die uitspraak ernstige besware uitlig wat uitgedaag moet word.”

Die Pretoriase hooggeregshof het op 13 Desember bevind dat die e-tolprojek kan voortgaan, nadat Outa se versoek om die projek te skrap, afgekeur het.

Die hof het Outa verder beveel om alle regskoste in die aansoek te betaal.

Duvenage het Vrydag gesê sy organisasie het met samesprekings om appèl aan te teken, met sy lede begin. Outa se stigterslede is die Suid-Afrikaanse Voertuigverhuringsvereniging, die Suid-Afrikaanse Toerismediensvereniging, Kleinhandelmotornywerheid van Suid-Afrika, die Quadpara-vereniging van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie.

Duvenage om die mandaat amptelik teen 28 Desember te hê en dan fondse van die publiek te bekom om met die saak voort te gaan.

Appèl moet voor 9 Januarie aangeteken word.

Outa het ‘n hele aantal hofsake dié jaar aangepak in ‘n poging om die e-tolstelsel te stop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.