Outa kan nie bekostig om te appelleer nie

tolhekkeDie Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Vrydag gesê hy gaan nie appelleer teen verlede week se uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein nie.

Outa het appèl aangeteken teen regter Louis Vorster se uitspraak op 13 Desember 2012 dat die e-tolstelsel in Gauteng kan voortgaan. Outa het aangevoer dat daar baie foute in die uitspraak was. Die appèlhof het Outa se aansoek van die hand gewys.

“Ons gaan nie teen die uitspraak appelleer nie,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê. “Outa word beperk deur ‘n tekort aan fondse, maar ons veroordeel steeds e-tol.”

Hy het gesê om te appelleer gaan R3.3 miljoen kos en dat die genootskap dit nie kan bekostig nie. Hy het gesê die genootskap kort R1.5 miljoen om die saak na die grondwethof te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Ek weet Outa se bedoeling is goed en dat hulle namens miljoene motoriste baklei, maar dis alles geld in ‘n bodemlose put!! Die flippen regering SAL e-tol instel al fluit ons almal Sarie Marais deur onse foenfenjolle!!!

Eben Pretorius ·

Dan moet ons agter Cosato staan en dit moeilik maak …… Komaan Cosato, laat julle vir ons n voorbeeld wees :-)

Hennie ·

Ek verstaan nie, iemand moet asseblief verduidelik? Eers 11 miljoen vir die vorige hof saak wat binne ‘n dag verby is. Nou 3.3 miljoen nodig vir die volgende hofsaak wat dan ook moontlik binne 1 dag sal verby wees. As dit 4 mense is verdien hulle meer as 2.5 miljoen per dag. Waar verdwyn die geld heen?

JD ·

Ek skaar my ook by Hennie en sal graag wil weet hoe hierdie bedrae bereken word en waarheen dit gaan, ens. Kom julle Einsteins wat weet, vertel ons!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.